Hierdie is die Voorblad van ons WIKI.


Moet asb geen veranderinge hierop aanbring nie!!

Opdragte:

1. Nadat jy jou eie taakbeskrywing voltooi het, moet jy nou na jou maat se bladsy gaan en sy/haar werk gaan assesseer en aanbevelings maak. Hierdie aanbevelings plaas jy in die kolomme soos voorsien in die werkblad.

Gaan terug na jou eie bladsy en lees wat die ander persoon geskryf het. Indien jy voel jy wil die veranderinge aanbring is jy welkom om dit te doen voordat jy aangaan na die volgende deel van jou WQ.
Minimaliseer die webblad en gaan aan met jou WQ ontwerp. Ons sal later by die ander opdragte op hierdie bladsy uitkom.

2. Jy het nou al jou assessering beplan en nou gaan ons weer kyk na ons maat se werk. Dieselfde prosedure soos by opdrag 1 moet gevolg word.

Onthou om eers te gaan lees en veranderinge aan te bring voordat jy verder gaan.
Minimaliseer die webblad en gaan aan met jou WQ ontwerp. Ons sal later by die ander opdragte op hierdie bladsy uitkom.

3. Nou is jou proses ook beplan en daar is al 'n raamwerk of dalk is jy al klaar. Ons gaan nou weer na mekaar se werk kyk en kyk of ons aanbevelings kan maak om die WQ te verbeter.

Lees en verander eers voordat jy verder gaan.
Minimaliseer die webblad en gaan aan met WQ ontwerp. Ons sal later by die ander opdragte op hierdie bladsy uitkom.

4. Uiteindelik is almal se WQ klaar of feitlik klaar. Nou gaan ons vir vier ander persone geleentheid gee om na jou WQ te kyk en dan aanbevelings te maak oor moontlike verbeteringe. Jy gaan ook nou na vier ander persone se WQ's kyk en aanbevelings doen daaroor.

Nou gaan julle terug na jul eie blad. Lees en verander jou WQ indien dit nodig is.